Die Buffel van n Bees Pastei

  • R 0.00
    Unit price per 


Stadstal maak iets - Buffel Bees Pastei

28 Mei 2021

Voorbereiding - Ongeveer 15 Minute

Kook - Ongeveer 2 Ure

 

Wat het ek nodig?

Plat boom swart pot

“Oond bak” 15 +- cm

Ketel braai / oond

1 Ui grof gekap

1 Ui fyn gesny

1 Eetlepel knoffel

Banhoek Chillie Olie

1.5kg Bees vleis met vet

1 Eetlepel Stadstal Speserye (Braai)

1-2 Eetlepels Stadstal Bos Rissie Sous

Sout en peper na smaak

2 Proppe Buffelsfontein Brandewyn

250ml Buffeslfontein Pinotage

1-2 Buffeslfontein Lager

2 Aartappels fyn gesny

2 Aartappels in Blokke gekap

Skilferkors Deeg

 

So maak mens:

Bou n lekker groot vuur so uur voordat jy met die gereg wil begin, hou hom maar aan die stook, liefs te veel as te min vlamme en kole. Die is n lang bak gereg.

Voeg olie in die platboom swart pot en braai uie tot sag oor matige hitte. Voeg die knoffel by en braai vir so minuut of twee. Hou maar dop, knoffel kan maklik brand en dan smaak alles gagga…

Skep die uie, knoffel mengsel uit en laat eenkant rus.

Voeg warm kole onder die pot en mors n lekker hoeveelheid Banhoek Chillie olie binne die pot. Braai die bees vleis saam met al die speserye tot bruin. Kry vleis met lekker vet en so hier en daar n been. Dit help met smaak, vertel net jou gaste dat daar bene in is. Voeg die brandewyn by sodra dit wil voorkom of die vleis aan die bodem begin klou. Roer deur, bring die knoffel en uie mengsel terug na die fees, verminder hitte.

Maak die Buffelsfontein Lager en Pinotage oop. Jy verdien n sluk van elk teen die tyd. Ek weet die goed is bitter lekker, maar vat net n klein sluk bier, daar moet basies n hele een nou saam met die wyn en fyn aartappels en Stadstal sous by die pot aansluit.

Deksel toe, hitte matig, raak rustig vir so 2 ure. Let wel, die is slegs n aanduiding, die storie moet rustig saam sweet, stoei en stoom tot die vleis sag is. Hou dop dat jou hitte nie aanbrand teweeg bring nie.

Sodra die vleis begin sag word kan jy die aartappel blokke voeg en weer die deksel oorskuif. (Jy kan hier nog n bier by gooi as hy droog lyk). Kyk en voel maar kort kort, as die aartappels oppad sag toe staan kan die pot se deksel oop. Hier moet jy net kyk na hoe die sous lyk, ons soek hom bitjie dikker as baard olie. As jy nie baard olie gebruik nie, groei een. En as jy nie een kan groei nie, vertel jou man van al die voordele.

As die aartappels sag is, en sous lekker dik is kan jy die mengsel in die vleis bak skep, bedek met die skilferkors. Jy kan hom nou oond toe stuur teen 180 grade, of soos ons verkies, in n ketel braai (weber) met die deksel op bak. Gooi die kole soos n goeie stoomtrein stoker aan die kante sodat die bak nie direk hitte vang van onder nie. Ons soek n oond, nie n braai nie. Kyk maar kort kort, die deeg moet lekker bros en bruin gebak wees voor jy uitskep en voorsit.

Gesondheid!